– ’n bogemiddelde 17,8cm lank, maar ’n uiters onbeheerbare 25,4 cm in deursnee. En dit was boonop net wanneer dit slap was.

Dr. Rafael Carrion, ’n uroloog aan die Universiteit van Suid-Florida, het aan Mail Online gesê dis ’n unieke geval. “Dit klink na enige man se droom – ’n reuse, opgeblase penis – maar ongelukkig, hoewel dit ’n redelike lengte was, was die omtrek te groot, veral om die middel,” sê hy.

Die seun, wie se naam weerhou is, het die operasie aangevra omdat sy penis verhoed het dat hy aan sport kon deelneem en seksuele penetrasie was ook onmoontlik. Die operasiespan het ’n tegniek ontwikkel om Peyronie-siekte – ’n toestand wat veroorsaak dat die penis buig – te behandel. Rafael sê dis “amper soos om twee maagverkleinings te kry”.

Die jong man het ook met priapisme – ’n toestand wat pynlike, ongewenste ereksies veroorsaak – gesukkel.

Bronne: Huffington Post, Florida Health News, The Telegraph