Dis immers meer as 100 kg ligter as van die ligste F1-supermotorfietse. Die ligste bromponies vir die groot mark weeg meer as 80 kg.

En FX Bikes, wat tot onlangs gereken het hulle het “die ligste, veelsydigste motorfiets te wêreld”, se FX Mountain Moto laat die skaal op 60 kg kreun.

Maar wat AP Works se splinternuwe Light Rider van slegs 35 kg veral besonders maak, is dat dit uit ’n 3D-drukker kom, ’n wêreld-eerste.

“3D-drukwerk is waarlik die toekoms van vervaardiging,” sê AP Works.

[caption id="attachment_126828" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Die tegnologie word immers reeds vir van mediese prostese en weefselvervanging tot huisdekor-items en robot- en vliegtuigonderdele ingespan.

En AP Works weet waarvan hulle praat. As Airbus-filiaal is hulle sedert 2013 aan die voorpunt van hoëtegnologie-boumateriale en sogenaamde ALM-tegnologie (“additive layer manufacturing”).

Lees ook: Bel ons binnekort vir ET? Stephen Hawking meen beslis so

Hulle ontwerp reeds gevorderde onderdele vir die motor-, robotiese en ruimtevaartbedryf.

Hul jongste skepping word laag-op-laag gedruk uit Scalmalloy, ’n spesiaal gepatenteerde aluminium-allooi-poeier, volgens hulle amper so sterk soos titanium, dog heelwat ligter as aluminium.

AP Works sê hul 3D-deurbraak met sy 6 kW-elektriese motor (een van die swaarste komponente daarvan) en raam van net 6 kg, is ook sowat ’n derde ligter as enige elektriese motorfiets wat al deur konvensionele tegnieke vervaardig is.

Elke 3D-gedrukte deel van die Light Rider bestaan uit duisende uiters dun lae, slegs 60 mikron dik (ses honderdstes van ’n millimeter).

Tydens die drukproses word miljoene aluminium-allooi-partikels met behulp van laser aanmekaar gesmelt.

Anders as by gewone motorfietse kon die raam hier ook grootliks hol wees.

Dis danksy die ALM-proses, die boumateriaal, en dat die vreemde ontwerp deur ’n gevorderde rekenaaralgoritme - die Rider lyk meer soos ’n “organiese eksoskelet” as ’n masjien - ook die raam help versterk.

Dit beteken kabels, hegpunte, ensovoorts sit meestal buite sig binne-in die raam.

Lees ook: Nee, ’n vrou het nie die tikmasjien uitgevind nie . . . maar kyk net wat het die skoner geslag wel uitgevind

[caption id="attachment_126829" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Die Light Rider lyk ook glad nie onaardig nie.

Maar kan dit darem enigsins ry? Sou jy byvoorbeeld die stadsverkeer met iets uit ’n 3D-drukker kon invaar?

Ja, nogal wel. Die topsnelheid van 80 km/h sal dalk nie ’n petrolkop soos die Ghost Rider se bloed laat bruis nie, maar danksy die wringkrag van die elektriese enjin sal jy dit darem binne enkele sekondes bereik en niemand in die buurt sal jou eens hoor nie.

Die verwyderbare battery sou jou ook toelaat om byvoorbeeld van Pretoria na Johannesburg te ry voor jy moet herlaai.

Nie dat jy die Light Rider spoedig op ons paaie sal sien nie.

Sulke eksperimentele tegnologie is mos duur en AP Works sal vir eers net 50 bestellings teen sowat $56 000 stuk (sowat R879 000) aanvaar.

Bronne: apworks.de, lightrider.apworks.de, airbusgroup.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Vrou vertel openhartig van haar lewe ná sy tydens gewapende roofrog geskiet, verlam is

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!

Jongmense, dit is waarom jy vandag al moet begin spaar

’n Maklike manier om alkohol vaarwel toe te roep