Die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse rap-groep, Die Antwoord, het die wêreld aan die gons. met hul gewaagde lirieke, astrante optredes en hulle unieke bemarkingsstrategie.

Dié groep, wat in Kaapstad gebaseer is, het soveel aandag getrek dat daar selfs in die New York Times oor hulle berig is. Die Antwoord se webtuiste het glo 'n miljoen besoekers oor die afgelope vier dae ontvang en die rekenaarstelsel belemmer.

Die groep se videos op die gewilde video-webblad YouTube het reeds meer as 'n miljoen kykers gelok.

Bron: www.nuus24.com