Afrikaans se grootste sterre het geskitter by vanaand (Dinsdag 3 Junie) se Huisgenoot-Tempo-toekennings by Emperors Palace in Gauteng.

Pad na jou Hart was een van die aand se groot wenners: Dit het die Tempo-toekenning ontvang vir rolprent van die jaar en die medevervaardigers en -skrywers van die fliek, Donnalee Roberts en Ivan Botha, is bekroon met die Tempo’s vir aktrise van die jaar en akteur van die jaar vir hul spel in dié lokettreffer.

Die aktrise Sandra Prinsloo is vereer as Afrikaanse erfenislater, en die gehoor is vermaak met optredes deur Karlien van Jaarsveld en Adam, Chris Chameleon en Bittereinder, Joe Foster, Arno Carstens en Dan Patlansky. Die Expresso-aanbieder Katlego Maboe was die seremoniemeester.

Die wenners van vanjaar se Huisgenoot-Tempo-toekennings is:

Nuweling van die jaar

Joshua na die Reën – Joshua na die Reën

Gospelalbum van die jaar

Romanz – Lig Jou Stem op

Kontemporêre album van die jaar

Elvis Blue – Afrikaans

Pop-/sokkiedansalbum van die jaar

Jay – #DisHoeOnsRol

Musiekvideo van die jaar

Karlien van Jaarsveld – Hande

Liedjie van die jaar

Bobby van Jaarsveld – Totaal Finaal (geskryf deur Bobby van Jaarsveld, Johan Vorster en André Odendaal)

TV-aanbieder van die jaar

Pieter Koen – Jukebox

TV-reeks van die jaar: Aktualiteit, Werklikheid, Speletjies

Die Nataniël Tafel

TV-reeks van die jaar: Drama, Sitkom

Vallei van Sluiers

Afrikaanse rolprent van die jaar

Pad na jou Hart

Akteur van die jaar: Rolprent, Drama, Sitkom

Ivan Botha – Pad na jou Hart

Aktrise van die jaar: Rolprent, Drama, Sitkom

Donnalee Roberts – Pad na jou Hart

Sepie-akteur van die jaar

Theodore Jantjies – 7de Laan

Sepie-aktrise van die jaar

Annelisa Weiland – 7de Laan

Sepie van die jaar

Binnelanders

Radio-aanbieder van die jaar

Rian van Heerden – Jacaranda FM

Afrikaanse leesboek van die jaar

Deon Meyer – Kobra

Topverkoper-CD van die jaar

Karlien van Jaarsveld – Uitklophou

Topverkoper-DVD van die jaar

Die Heuwels Fantasties – Live op Paul Cluver

Afrikaanse erfenislater

Sandra Prinsloo