1. As die bloeding baie erg is, laat die kind sit en met hul kop vorentoe leun. Dit verhoed dat die bloed agter in die keel afloop, wat hulle kan laat siek voel.
  2. Vra hulle dan om die sagte, middelste deel van die neus (agter die neusgate) tussen hul duim en vinger vir sowat 10 minute vas te knyp. As die bloeding voortduur, plaas weer druk toe vir  nog 10 minute.
  3. Ys of ’n klam lap agter die kind se nek help dikwels om bloeding te stop.
  4. As die bloeding gestop het, sê hulle moenie hul neus krap of dit blaas nie, omdat dit weer bloeding sal veroorsaak.
  5. As die bloeding nog steeds voortduur, het hul mediese aandag nodig, want die neus is dalk gebreek.
  6. Was die bloed van hul gesig en hande af met skoon, lou water. Maak die neusarea goed skoon, maar moenie die droë bloed binne die neus verwyder nie, omdat dit weer bloeding kan veroorsaak.
  7. Moenie snesies in hul neus druk om die bloeding te keer nie, want dit sal vassit aan droë bloed en as jy dit verwyder, kan jy dalk die roof aftrek en die neus sal weer begin bloei.

BRON: SOUTH AFRICAN FAMILY MEDICAL ADVISER, GEPUBLISEER DEUR READER’S DIGEST VERENIGING SUID-AFRIKA, 1983.