Hoekom moet jy lees vir ’n kind wat nog nie in die skool is nie? Wel, dit gaan hul verstand vrye teuels gee, hul verbeelding aanwakker en hulle dinge leer wat hulle net in boeke en stories gaan teëkom. Hier is sewe goeie wenke van die Nal’ibali-lees-vir-pret-veldtog sodat jy saam met jou voorskoolse kind kan lees.

  1. Lees elke keer dat jy lees die titel van die boek en die naam van die skrywer en illustreerder. Vra ook wanneer jy die boek die eerste keer voorlees of jou kind iets kan raai van die titel en die illustrasie op die voorblad.
  2. Lees met soveel uitdrukking moontlik. Jy gaan dalk ’n bietjie vreemd hieroor voel, maar jou kind gaan dol wees daaroor!
  3. Ontwikkel jou kind se voorspellingsvermoë deur by verskillende punte in die storie te vra wat volgende gaan gebeur.
  4. Verdiep jou kind se begrip deur vrae te vra soos: “Waaraan laat dit jou dink?”, “Hoekom dink jy het hy dit gedoen?” en “Wat sou jy gedoen het?” Hierdie soort vrae verbind stories aan kinders se lewe en help hulle ontdek hoe stories werk. Albei dié vaardighede is belangrik vir hul geletterdheid.
  5. Stel jou kinders voor aan ‘n wye verskeidenheid boeke. Deel boeke deur die skrywers wat hulle die meeste geniet, maar bring ook nuwes in.
  6. As jou kind ’n gunstelingstorie het, kan jy dit aan hulle lees soveel keer as wat hulle wil hê. Nooi hulle om saam met jou te lees soos hulle die storie beter onthou. Stel voor dat hulle sekere frases en sinne “lees” (resiteer).
  7. Sit ’n spesiale tyd uiteen wanneer julle saam boeke kan geniet. Kies boeke wat jy van hou, asook dié wat jy dink jou kind gaan interesseer. Jy moet natuurlik ook tyd maak om die stories te lees wat jou kind self kies.

Hierdie wenke kom met die komplimente van die Nal’ibali-lees-vir-Pret-veldtog. Dit mik om kinders se potensiaal deur lees en stories vertel aan te wakker. Besoek http://nalibali.org/ of vind hulle op Facebook of Twitter vir nog inligting, leeswenke en storie-idees wat jy met jou kinders of leesklub kan deel.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.