Druk jou eie stempel op jou troue af deur vandie klein versierings self te maak. Ons gee 'n paar oulike planne:

Bespreek vir Skouspel!

Wapperende vlaggies:

Benodighede:

Materiaal

’n Sker

’n Naaimasjien

Lint

Maak so:

1 Knip hartvorms uit die materiaal.

2 Omsoom die materiaalhartjies met

die naaimasjien.

3 Werk die hartjies aan die lint vas.

4 Hang die vlaggies by die ingang.

Teekersiehouers:

Benodighede:

Drinkglase

Sneespapier

Dubbelkantige kleeflint

Teekersies

Maak so:

1 Meet die sneespapier om om die

drinkglas te pas en knip volgens grootte.

2 Plak die sneespapier vas met dubbelkantige

kleeflint.

3 Plaas ’n kersie in elke drinkglas.

Vind nog wenke in die Huisgenoot van 1 September.

Volg Huisgenoot op Twitter.