Beskerm jou besonderhede. Kenners voorspel ’n toename in ál meer gesofistikeerde aanvalle op sosiale-netwerk-webtuistes. Moenie inligting uitlap nie.

Sorg dat jy gereeld die nuutste beveiligingsprodukte het.

Die kenners verwag ook ’n skerp toename in wurm- en Trojaanse-virus-aanvalle.

Wees voorbereid. Gebruik wettige programme. Kuberkrakers stel hul visier op mense wat roof-sagteware gebruik omdat dié mense bang is om sekerheidsaanpassings af te laai.

Ongevraagde SMS’e kan skadelike skakels bevat. Moenie dit beantwoord nie.

Was jy al die teiken van kuberkrakers of internet-virusse? Deel jou opinie in die kommentaarveld hieronder.