Hier's 'n paar wenke om in gedagte te hou:

  1. Moet nooit kinders, verswaktes of troeteldiere in ’n toe motor los nie
  2. Maak seker jy neem genoeg vloeistof in, selfs al is jy nie dors nie. Vermy drankies met kaffeïene en alkohol
  3. Eet kleiner maaltye en eet meer gereeld
  4. Dra lospassende, liggewig, lig in kleur-klere. Linne en katoen absorbeer sweet en laat jou liggaam beter ‘asemhaal’
  5. Bly binnenshuis indien moontlik en vermy oefeninge gedurende die warmste deel van die dag
  6. Neem gereelde ruskanse as jy buitenshuis moet werk
  7. Maak gereeld seker dat jou diere het toegang tot vars water buite, sowel as binne jou huis.
  8. As jy jou hond vir ’n stappie moet vat, is dit beter om teeroppervlaktes te vermy. Dit kan hul pootkussinkies brand. Kies liewers koers gras toe.
  9. Wees gewaarsku: Pugs en Persiese katte loop ’n groter risiko van oorverhitting.

Bronne: redcross.org, bbc.uk