Dit het aan die lig gekom in ’n onlangse peiling deur die versekeraar First for Women.

Padongelukke is die hoofoorsaak van kinders in Suid-Afrika onder vyf se dood. Daar is meer as 700 000 noodlottige motorongelukke op Suid-Afrika se paaie elke jaar, en tot drie kinders gaan per dag in ongelukke dood.

Bewusmaking van veilige praktyke wat jou kinders in die motor betref, het First for Women genoop om die volgende paar nuttige wenke voor te stel vir hoe om jou kind optimaal in sy karstoeltjie te beveilig.

  • Koop die beste karstoeltjie wat jy kan bekostig. Goedkoop stoeltjies en selfs goeie tweedehandse stoele kan ongesiens beskadig wees en nie die beste beskerming bied nie.
  • Sou jy ’n tweedehandse stoeltjie moet gebruik, maak seker dit het steeds al die nodige onderdele, aanwysingspamflette en dat dit nog nie in ’n ongeluk betrokke was nie.
  • Gebruik verkieslik ’n karstoeltjie wat nie ouer as vyf jaar is nie.
  • Maak altyd doodseker jy gebruik die regte karstoel vir jou kind se ouderdom, gewig en lengte.
  • Tot jou kind minstens twee jaar oud is, moet hulle in ’n stoeltjie vasgemaak word wat agtertoe kyk.
  • Jou kind moet gebruik maak van ’n opstootkussing tot hulle minstens 18,5 kg weeg of vier jaar oud is.
  • Maak altyd seker jou stoeltjie is reg geïnstalleer en kan nie meer as ’n paar sentimeter van kant tot kant skuif nie. Die stoel moet stewig in plek gehou word deur die motor se sitplekgordel.
  • Gaan altyd die stoeltjie se gordels na en maak seker jou kind is stewig vasgegespe, maar steeds gemaklik.
  • Maak die gordelknippie vas bokant armhoogte. As dit laer vasgemaak word, kan jou kind uit die stoeltjie uitskiet.
  • Stel altyd ’n goeie voorbeeld deur jou eie gordel ook te dra.