Die InterContinental-hotel en -oordketting het pas hul Insider Guide to Travelling with Children bekendgemaak. Dit is een van ’n reeks gidse op hul webtuiste en gee ouers die beste wenke om gesinsvakansies te geniet. Hier is ’n paar van die wenke vir pak.

Hou dit lig

Die algemeenste fout is te veel pak. Maak lyste vir elke gesinslid om seker te maak jy vergeet nie iets belangriks nie. So kan jy die noodsaaklikhede versprei wat almal nodig het en seker maak niemand vergeet hul swembroek of sonbrandroom nie. Laat jou kleingoed help pak; hulle raak opgewonde oor die vakansie en leer terselfdertyd organisasievaardighede.

Pret vir die kinders

Die bekroonde kinderskrywer Taghred Chandab stel voor dat jy ’n kindervriendelike gidsboek inpak of ’n fotolys waar hulle al die besienswaardighede kan afmerk wat hulle sien. “Hulle onthou dit beter en dit maak die reis ’n ryker ervaring,” sê sy.

Vir ouer kinders stel sy voor dat jy ’n plakboek of reisjoernaal inpak. Party kinders is van nature versamelaars, en jy sal verbaas wees wat hulle as aandenkings hou, soos kaartjies en buitelandse muntstukke.

Jy kan ook ’n duursame kamera inpak om jou kinders meer betrokke te kry. Dit kan ’n lekker projek wees om hulle opgewonde te kry oor al die nuwe dinge wat hulle gaan sien. Dit is ook ’n lekker manier om ou kameras en kamerafone te hergebruik. Jou kind se siening van die reis kan jou nogal verbaas.

Pak vir die klimaat

Voorsien wat jou kinders dalk sal nodig kry; dit is belangrik om vir verskillende klimate te pak. Klere vir koue weer neem baie plek op, en ligter items in lae gedra kan jou ook warm hou. Dit is ook makliker om te pak.

Dit kan makliker wees om te pak vir ’n gebied met tropiese weer, maar onthou, kinders se oë en vel is sensitiewer as volwassenes s’n; pak genoeg hoede, sonbrille en sonbrandroom. Sweet irriteer sensitiewe vel; kies dus klere van natuurlike stof wat effens los sit.

Pak vir vermaak

Dit kan ’n versoeking wees om ’n spul speletjies en speelgoed in te pak om die kinders besig te hou, maar vra eerder jou hotel by jou bestemming wat hulle bied om jou kinders te vermaak.

Pak met toelating

Kinders (van enige ouderdom) wat hul eie sitplek op ’n vliegtuig het, het dieselfde gewigstoelating as volwassenes. Die meeste lugrederye laat sowat 23 kg gelaaide bagasie en 7 kg handbagasie toe. Babas sonder hul eie sitplek het gewoonlik nie hul eie gewigstoelating nie; hou dit dus in gedagte vir al die noodsaaklikhede vir jou baba wat jy wat jou dalk die beperking sal laat oorskry.

Wenk van iemand wat weet

Vors die kwarantynstandaarde van jou toestemming na voor jy reis. Australië het byvoorbeeld die strengste wette ter wêreld as gevolg van die unieke omgewing. Ongeprosesseerde en vars kos, diere, dierprodukte en plantmateriaal is verbode. Daar is ook streng kwarantynwette oor deelstate heen en vars kos kan nie oor deelstate vervoer word nie.

Klik hier vir nog waardevolle inligting oor reis met kinders of om die hele gids af te laai.