’n Tiener van Sussex in Engeland het sy staal gewys toe hy soos ’n ware held ’n gewelddadige misdadiger plattrek.

Die 16-jarige Kiya Ingham het langs die pad geloop terwyl twee vroue-polisiebeamptes die misdadiger aankeer.

Die misdadiger het gewelddadig geraak, die een vrou platgestamp en probeer vlug, waarna die seun sy toksak neergegooi en hom agterna gesit en platgetrek het.

Sy heldhaftige daad is op kamera vasgevang, en hy het ’n prys vir dapperheid van sy plaaslike polisiekantoor ontvang. Die seun het aan omstanders gesê hy oorweeg dit nou om by die polisiemag aan te sluit.

Kyk die video hier:

Hier is wenke om dapper, eerbare kinders groot te maak:

-        Maak jou kinders met ’n gewete groot. Kinders is meer geneig om dapper en verantwoordelik te wees wanneer hulle kan insien waarom hul optrede ’n verskil maak.

-        Stel ’n voorbeeld: Lei deur te wys ’n mens kan elke dag klein dade verrig om die wêreld ’n beter plek te maak.

-        Wys goeie rolmodelle uit: Vestig jou kinders se aandag op bekende en onbekende persone wat hul medemens help, en help jou kind om hierdie persone as helde te beskou.

-        Onderskei tussen geweld en dapperheid: Wys jou kind daar is ’n verskil tussen dapper wees en jouself in gevaar plaas, en dat geweld nie nodig is om ander te help of ’n verskil te maak nie.

-        Bou aan jou kind se selfbeeld en prys hulle wanneer hulle iets vir hul medemens doen.

- Mieke Vlok

Bronne: belfasttelegraph.co.uk, parents.com, imom.com, kidshealth.org, news.sky.com