Ma’s speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van hul kinders se geletterdheid. En hoe beter verbind jy jou daartoe as om te belowe om elke dag 15 minute ’n storie met jou kind te deel? Jy kan so een van vyf mense wees om ’n deel van boeke ter waarde van R90 000 te wen.

Die Nal’ibali Lees-vir-Pret-veldtog het die projek op 1 Junie van stapel gestuur en nooi alle ouers om by hul webtuiste www.nalibali.org of www.nalibali.mobi 15 minute storietyd met hul kinders te neem.

As die groep daarin slaag om 90 000 se storietyd te kry, gaan Cambridge University Press boeke ter waarde van R90 000 aan vyf gelukkige mense skenk. Dit is deel van die veldtog se Read to Me: Every Day-projek.

“Mense kan nie net een of twee keer vir hul kinders voorlees nie. Ons moet elke dag vir hulle lees as ons wil hê hulle moet besef lees is ’n genotvolle en vermaaklike aktiwiteit,” sê Arabella Koopman van Nal’ibali. “Dit is hoe hulle ’n lewenslange liefde en begeerte vir boeke en lees ontwikkel. Bo en behalwe dit is daar baie studies wat toon hoe meer kinders by die huis lees, hoe beter vaar hulle op skool.”

As jy jou 15 minute beloof, kan jy enige van die lieflike stories kies in Nal’ibali se wye verskeidenheid op hul webtuiste of die SuperMa-webtuiste. Jy kan ook gebruik maak van hul wenke vir stories vertel vir kinders van alle ouderdomme.

  • Hierdie storie kom met die komplimente van die Nal’ibali Lees-vir-Pret-veldtog. Dit mik om kinders se potensiaal deur lees en stories vertel aan te wakker. Besoek nalibali.org of vind hulle op Facebook of Twitter vir nog inligting, leeswenke en storie-idees wat jy met jou kinders of leesklub kan deel.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.