“Daar is nog geen nuwe verwikkelinge nie,” sê sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder. “Uitslae van sekere verslae is nog uitstaande.”

Jacques en Sunita is meer as twee en half maande gelede buite Wellington dood toe hul huis afgebrand het. Hulle is in die badkamer langs die hoofslaapkamer gekry, waar Sunita in ’n bad vol water gelê het.

Kort ná hul dood het gerugte die ronde gedoen dat Sunita ’n verhouding gehad het met Danie le Roux, die hoof van die Laerskool Paarl Gimnasium, waar sy skoolgehou het.

In ’n eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot het Danie dit ten sterkste ontken, en sê hy weet nie waarom Sunita die “stories versprei” het nie.

In ’n eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot het Danie dit ten sterkste ontken, en sê hy weet nie waarom Sunita die “stories versprei” het nie.

Die privaat speurder wat Jacques se familie gehuur het om die dood van die twee jong mense te ondersoek, sê hy wag steeds dat die 205-aansoek wat namens hom ingedien is, bekragtig word sodat hy toegang tot data op Jacques en Sunita se selfone kan kry.

Gedurende die afgelope skoolvakansie is daar bespiegel oor of Danie in die nuwe kwartaal na die skool sou terugkeer.

Hy glo dit sal hom ’n goeie oorsig gee oor gebeure in die aanloop tot die jong egpaar se dood.

Gedurende die afgelope skoolvakansie is daar bespiegel oor of Danie in die nuwe kwartaal na die skool sou terugkeer.

Aanvanklik is berig dat hy op onbetaalde verlof sou gaan, maar later het die Wes-Kaapse onderwysdepartement gesê dit is nie die geval nie.

Netwerk24 berig Danie het by navraag weer ontken dat hy ’n “owerspelige verhouding” met Sunita gehad het en genoem dat hy regsadvies inwin om die beswaddering van sy naam te stop en dit te herstel

“Ek vertrou dat u my frustrasie sal verstaan en my dreigement sal sien in die lig van die trauma wat my familie die laaste twee maande moes verduur.”