Kort ná Sunita en Jacques van Dyk se dood, het nog ’n woordsmid hierdie emosionele liedjie vir hulle geskryf.

Herman Kleinhans, sanger en liedjieskrywer van die gewilde Afrikaanse groep Twee, het met woord en kitaarsnaar vir oulaas sy twee vriende met hierdie hartsliedjie op hul begrafnis gegroet. Daarin sing hy ook van die 'oproep vanuit die hel".

Sunita en Jacques het vyf jaar gelede op Kleinevalleij naby Wellington getrou.

Hulle is op 16 Mei saam uit die historiese NG moederkerk op Wellington begrawe. Daar is nog talle onbeantwoorde vrae oor wat werklik daardie nag en in die vroeë oggendure van 10 Mei op die plaas Oakdene gebeur het.