Sunita, oftewel Soens, het op 10 Mei saam met haar man, Jacques, in hul huis naby Wellington in die Boland doodgebrand.

Terwyl een ná die ander opspraakwekkende bewering die lig sien, blyk dit duidelik dat die 31-jarige onderwyseres aan die Laerskool Gimnasium in die Paarl baie geliefd in haar vriendekring was. 

Maandag, twee maande ná die tragedie die Boland geruk het, het Anelma haar tot Facebook gewend om haar spesiale herinnerings aan Sunita te deel.

“Want Soens . . . dis hoe jy was . . . jy was die goeie een, die een wat geluister het, die een wat altyd belanggestel het, die een wat my altyd maak lag het, die een wat altyd iets moois gehad het om te sê.”

“As jy net kon weet wat ek sou verruil sodat ek net die foon kon optel en jou kon bel. Net te gesels oor dit en dat, gister en vandag. Dat ons net weer kan saamlag, dat jy my kan vertel van netbal, terwyl ek geen belangstelling toon, en ek jou kan vertel oor moeilike kliënte terwyl jy alle belangstelling toon.

“Want Soens . . . dis hoe jy was . . . jy was die goeie een, die een wat geluister het, die een wat altyd belanggestel het, die een wat my altyd maak lag het, die een wat altyd iets moois gehad het om te sê.”

"Vir dié wat van jou lees in die media, vir dié wat jou nie geken het nie . . . dit was die Sunita van Dyk wat ons almal se lewe met net mooi herinnerings gevul het.

“En nie net vir my. So was jy vir almal. Elana Hugo het so mooi vir jou geskryf. Jy was goud, Soens. Ek dink elke dag aan jou. Aan hoe ongelooflik jy was. So onselfsugtig, so sonder dinge of sideshows en so vol omgee.

“Jy was meer as net mens, Sunita van Dyk. Jy was groter. Ek verlang. Ek verlang so verskriklik baie na jou.
“Niemand sal ooit daai leemte kan vul.

"Vir dié wat van jou lees in die media, vir dié wat jou nie geken het nie . . . dit was die Sunita van Dyk wat ons almal se lewe met net mooi herinnerings gevul het.

“Ek het nie die regte woorde, of wel, daar is nie woorde om haar te beskryf nie. Dankie aan Elana (Hugo) wat met haar mooi woorde vir Soens so ’n mooi stuk geskryf het. Dankie Elana dat jy names ons almal praat. Vir dié wat dit nog nie gelees het nie, gaan lees Elana se blogpost oor die ware Sunita van Dyk. Die mens wat niemand ooit sal kan swartsmeer, want daar was net mooi. Te veel mooi.

 
Onder die Facebook-plasing vertel Madel Bester die afgelope twee maande was vir haar die langste twee maande. “Die seer en hartseer is onbeskryflik en ek het nie eers woorde nie. Sy is onvervangbaar en was die mooiste mens (binne en buite).”
 
Biance Jonck skryf ook Sunita was ’n pragtige mens en vriendin.
 
Marine Hadjidakis beskryf Anelma en haar vriendinne as besonders en ’n groep sterk vroue. Sy sê Sunuta sou gesê het: “Ons gaan hierdeur kom en so gaan julle.”
 
Sy skryf onder meer dat die waarheid altyd sal seëvier. “En dié wat nie die waarheid praat nie, sal voor God moet verduidelik.”