Die voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld se eersteling is Sondag, 8 Januarie gebore. Sy het die blye nuus op Instagram bekend gemaak. Hul seuntjie weeg 4.18 kg en volgens die skoonheid is almal "gesond, gelukkig en dankbaar".

Rolene is in Februarie 2016 met die sakeman D’Niel Strauss getroud.

Die egpaar het in Mei uitgevind Rolene verwag. Hulle het die nuus egter stilgehou en dit in Augustus met Huisgenoot se lesers gedeel.

Huisgenoot het ook onlangs berig Rolene verwag ’n seun.

Rolene en D’Niel hou saam met hul ouers op Hartenbos vakansie. Dis ook hier waar die twee mekaar in 2011 ontmoet en einde 2014, net nadat Rolene as Mej. Wêreld gekroon is, verloof geraak het.

My life right now... Sleep ? Beach ? Eat ?Sleep ?... Repeat #Pregnancy #Zzz #AlmostThere

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Hulle het geweet hul seun gaan sy opwagting iewers rondom Nuwejaar maak en moes tydens hul vakansie in Hartenbos gereed bly.

Rolene beplan om vanjaar voort te gaan met haar mediese studie.

Baie geluk met jou prins se geboorte, Rolene!