Die nie net die SAUK wat onlangs ’n volle 40-jarige bestaan gevier het nie. Jy sal verbaas wees, en dalk soms wil stry, met wie en wat nog in 2016 dié groot mylpaal bereik.

Hy word een van die sexyste manne beskryf. Kan jy glo dat Ryan Reynolds op 23 Oktober vanjaar afskeid van sy 30’s gaan neem? Welkom in die 40’s, Ryan!

Lees ook: TV vanjaar 40 jaar in Suid-Afrika

Met al die ontwikkelings vergeet ’n mens soms dat vandag se iPhone en ander Apple-produkte hul oorsprong reeds vier dekades gelede gehad het. Steve Jobs en Steve Wozniak het Apple Computer op 1 April 1976 gestig. Kyk net hoe het die eerste Apple-rekenaar gelyk. Verstommend.

40 apple

Die meme, ai die meme. Hoewel die formaat deesdae heelwat anders daar uitsien, is die benaming reeds 40 jaar gelede deur Richard Dawkins in sy boek The Selfish Gene vasgepen. Wiktionary beskryf die woord as volg: “Enige eenheid van kulturele inligting, soos ’n praktyk of ’n idee, wat verbaal of deur herhaalde aksie van een verstand na ’n ander oorgedra word.”

40 meme

Veertig jaar gelede was ’n reuse-mylpaal vir die supergroep die Eagles. Hulle was die ontvangers van die eerste platinumplaat, wat beteken ’n album of enkelsnit het meer as 1 miljoen eenhede in Amerika verkoop. In Desember van dieselfde jaar het hulle die alombekende Hotel California uitgereik.

Lees ook: 'n Terugblik na televisie se babatreë

Die Cray -1-superrekenaar is by die Los Alamos nasionale laboratorium geïnstalleer. Dit het destyds $8,8 miljoen gekos en ’n allemintige 5 216 kg geweeg. Superslim én superswaar! Verstommend soos dit dalk klink, is jou slimfoon deesdae aansienlik vinniger as die Cray-1.

Sy het nog nooit weggeskram van tegnologie nie. Koningin Elizabeth II van Engeland het haar eerste e-pos op 26 Maart 1976 gestuur as deel van ’n tegnologie-demonstrasie. Sy het op 24 Oktober 2014 die eerste koninklike twiet onder haar eie naam gedeel.

Sylvester Stallone verwerf internasionale roem met sy vuiste in die eerste Rocky-fliek. Toe Rocky Apollo vir Creed in die kryt ontmoet, het sowel sy as Sly se lewe onherroeplik verander.

Saam met al die opwinding en uitvindings, het 1976 ook sy kwota slegte nuus meegebring. Ebola word vir die eerste keer geïdentifiseer in die destydse Zaïre, nou die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dit is na die rivier genoem wat naby die gebied vloei waar dit uitgebreek het.

Die eerste kommersieel beskikbare laserdrukker het in 1976 sy opwagting gemaak. IBM was die maatskappy wat die IBM 3800 vir ondernemings die lig laat sien het. Dit was die einde van raserige lyndrukkers wat gewoonlik in datasentrums gebruik is. Die Xerox 9700 het ’n jaar later sy verskyning gemaak.

Die foto (ter illustrasie) is van 'n IBM 3767 kommunikasieterminaal.

40 IBM

Hoe kan daar van U2 vergeet word? In 1976 het die 14-jarige Larry Mullen jr. op sy skool se kennisgewingbord aangekondig dat hy musikante soek om saam met hom ’n nuwe groep te stig. Adam Clayton, Paul Hewson (beter bekend as Bono) en Dave Evans het gereageer. Eers was hulle bekend as Feedback, daarna The Hype en eindelik die wêreldbekende U2.

Bronne: computerhistory.org, mentalfloss.com, theguardian.com

Saamgestel deur Annelene Oberholzer