Ag, kyk hoe oulik is dié goudvis!

Derek Burnett (20), wat in ’n akwariumwinkel in San Antonio werk, het eers die vis se dieet aangepas en daarna ook waterbehandeling probeer.

[caption id="attachment_164246" align="alignnone" width="600"]Foto: Twitter Foto: Twitter[/caption]

Derek het aan Buzzfeed vertel die vis het ’n ongeneeslike swemblaasprobleem wat hom verhinder om te swem en homself regop te hou. Dit kluister die vis dus aan die bodem van die tenk.

Aangesien die aangepaste dieet en waterbehandeling nie suksesvol was nie, het Derek besluit om iets meer kreatief te probeer sodat die vis sorgeloos kan swem.

“Ek het ’n stukkie lugpyp wat ’n mens gewoonlik in hul tenk gebruik rondom die goudvis gespan en ’n paar kleppe aan die onderkant ingesit om hom regop te hou.

Daarna het hy gewiggies onder bygevoeg en ’n stukkie polistireen bo-op. “Ek het stadig stukkies verwyder om die regte dryfvermoë te bereik sodat hy nie voel ’n stoel hou hom agter nie,” vertel Derek.

“Dink aan goudvisse as die mopshond van die viswêreld. Mopshonde het unieke kenmerke wat baie mediese probleme veroorsaak – dieselfde geld goudvisse,” vertel Derek verder.

Derek het vir sy vriendin, Taylor Dean (19), ’n foto van die goudvis gestuur en sy het gevoel sy moet dié vernuftige oplossing in die sosiale media deel, berig Buzzfeed.

Taylor maak opvoedkundige video’s oor diere op YouTube. “Ek het al met baie visse gewerk, maar hy het uit sy pad uit gegaan om die goudvis te help. Dit was net baie kosbaar. “Mense wat nie gewoond is aan akwariumstokperdjies nie, sal hulle nie eens ’n vis in ’n rolstoel kan indink nie,” vertel Taylor. Taylor se eerste inskrywing op Twitter het al meer as 27 000 hertwiets gehad en die sosiale media het omtrent gegons.

Sy vertel gereeld vir haar volgelinge hoe die vis aansterk.

Bronne: Buzzfeed, Metro.co.uk.