Volgens die SANParke-woordvoerder William Mabasa is een van die weglopers Woensdagaand in die Maravallei deur ’n boer doodgeskiet nadat die groep een van sy beeste aangeval en doodgemaak het. Hy het ’n tweede leeu gekwets.

Die leeus is vanuit die lug naby die beeskarkas gewaar. Dit was egter ’n onbegonne taak om die diere te verdoof en die moeilike besluit is geneem om die oorblywende drie te skiet.

Volgens SANParke-veldwagters was dit volgens die spore wat hulle opgetel het drie leeus wat uit die Krugerwildtuin ontsnap het en nie vier nie, soos aanvanklik berig.

Bronne: lowvelder.co.za, enca.com, jacarandafm.com