’n Keniaanse maatskappy kry dit reg om sommer vier vlieë met een klap dood te slaan – bekamping teen seebesoedeling, werkloosheid, bewaringsopvoeding en skep boonop iets mooi vir die oog ook.

Julie Church, ’n marinebioloog, het die maatskappy sowat 15 jaar gelede op die been gebring toe sy sien hoeveel gemors, onder meer goedkoop rubberplakkies, op die strande van Kenia se ooskus uitspoel.

Die maatskappy versamel die rubberplakkies en ander rommel op dié strande en skep daardeur honderde werksgeleenthede vir die insamelaars én kunstenaars wat kleurvolle beelde, meestal van diere, daaruit skep.

Meer as 40 Keniane, wat voorheen werkloos was, is nou heeltydse werknemers van Ocean Sole by hul werkswinkels waar die kuns geskep word.

Kyk net hier na die oulike beelde wat uit die weggooigoed geskep is:

[post-slider]

Bronne: Arttimes.co.za, mnn.com