Twee meisies van Kaapstad skok met pornografiese video’s

News24 het berig dat die twee meisies van die Hoërskool Edgemead nie geskors is nie en gaan toegelaat word om die Junie-eksamen te skryf. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het na bewering gesê dit hang van die skool se beheerliggaam af of daar dissiplinêre stappe teen die meisies geneem gaan word. Die video’s van die meisies in hul skooluniform wat seksdade pleeg terwyl hulle lewende visse doodtrap, is aanlyn gevind. Dié soort pornografiese materiaal staan bekend as verbrysel-video’s (crush videos) en wys hoe diere ernstig beseer of doodgedruk word terwyl mense seksdade pleeg.

Weet wat jou kind aanlyn doen

Dit is uiters belangrik dat ouers weet wat hul kinders aanlyn doen en plaas. Klik hier vir nog inligting oor seksboodskappe en ons kenner se topwenke oor hoe jy jou kind se aanlyn aktiwiteite kan reguleer.

Hou kou kinders veilig aanlyn

Dit is ook jou verantwoordelikheid om jou kinders die internet veilig te leer gebruik. Hier is ons topwenke oor internetveiligheid.

Moet nooit kaalfoto’s van jou kind plaas nie

Eye Witness News berig dat die NVG ouers verlede week tydens ’n oop dialoog in Kaapstad as deel van Nasionale Kinderbeskermingsweek daarteen gewaarsku het om kaalfoto’s van hul kinders op webtuistes soos Facebook en Instagram te plaas. Hulle het verduidelik dat ouers dié foto’s dalk onskuldig plaas, maar ander kan dit misbruik of manipuleer.

Bronne: timeslive.co.za, ewn.co.za, news24.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.