[caption id="attachment_109740" align="alignnone" width="600"]Foto's: Instagram Foto's: Instagram[/caption]

Volgens CBS was Pumpkin, soos hulle besluit het om haar te noem, slegs ’n maand oud toe sy in die Kemps se agterplaas in Nassau, die hoofstad van die Bahama-eilande, geval en haar agterbeen gebreek het. Kemp en haar dogter, Laura Young, het ná ’n halfuur besef dat Pumpkin se ma haar weggegooi het.

Die Young-gesin het besluit om haar aan te neem.

Young het aan CBS gesê hulle “is baie lief vir haar” en dat Pumpkin “’n astrante dingetjie” is, maar dat sy ook “so wonderlik, hoogs intelligent en baie vermaaklik” is.

Die mense in die gesin was nie die enigste wat aangetrokke gevoel het tot die onverwagte gas nie. Ook die gesin se twee honde, Toffee en Oreo, het gou met Pumpkin vriende gemaak. “Pumpkin beskou die honde as haar ma’s,” het Young aan CBS gesê. Meer as 164 000 mense volg Pumpkin se Instagram-profiel, waar die oulikste foto's van haar en haar honde maters verskyn. Kyk hoe lekker speel Pumpkin met een van die honde: