[caption id="attachment_142138" align="alignnone" width="600"]Stappers en fietsryers by vanjaar se twee Hope Hike- en Hope Bike-geleenthede op Stellenbosch en Skeerpoort. Foto: Verskaf Stappers en fietsryers by vanjaar se twee Hope Hike- en Hope Bike-geleenthede op Stellenbosch en Skeerpoort. Foto: Verskaf[/caption]

[caption id="attachment_142141" align="alignnone" width="600"]Haidee Muller, oud-Huisgenoot-joernalis en nou RSG-omroeper, was by vanjaar se geleentheid op Blaauwklippen. Foto: Verskaf Haidee Muller, oud-Huisgenoot-joernalis en nou RSG-omroeper, was by vanjaar se geleentheid op Blaauwklippen. Foto: Verskaf[/caption]

Oktober is die Wêreldgesondheidsorganisasie se bewusmakingsmaand oor geestesgesondheid; daarom is dit die perfekte maand om byeen te kom vir die Hope Hike en vanjaar ook die Hope Bike.

[caption id="attachment_142139" align="alignnone" width="600"]Stappers en fietsryers by vanjaar se twee Hope Hike- en Hope Bike-geleenthede op Stellenbosch en Skeerpoort. Foto: Verskaf Stappers en fietsryers by vanjaar se twee Hope Hike- en Hope Bike-geleenthede op Stellenbosch en Skeerpoort. Foto: Verskaf[/caption]

Dié geleentheid het oor die afgelope twee naweke plaasgevind op Blaauwklippen by Stellenbosch (Sondag 2 Oktober) en by Van Gaalen’s, Skeerpoort in Gauteng (9 Oktober), waar stappers en fietsryers byeengekom het om weg te doen met die stigma van depressie.

Al die inskrywingsgeld is geskenk aan die iThemba-stigting se depressienavorsingsfonds, ’n organisasie sonder winsoogmerk wat hulle beywer om meer te leer oor hoe dié siekte mense en gemeenskappe raak.

[caption id="attachment_142140" align="alignnone" width="600"]Stappers en fietsryers by vanjaar se twee Hope Hike- en Hope Bike-geleenthede op Stellenbosch en Skeerpoort. Foto: Verskaf Stappers en fietsryers by vanjaar se twee Hope Hike- en Hope Bike-geleenthede op Stellenbosch en Skeerpoort. Foto: Verskaf[/caption]

As jy die Hope Hike misgeloop het, is dit nog nie te laat om jou deel te doen om nie. “Ons elkeen kan ’n ambassadeur van hoop wees deur oor psigiese gesondheid te praat, bewus te wees van wat die simptome is en betyds dokter toe te gaan as jy wel hierdie simptome ervaar,” sê prof. Lizette Rabe, organiseerder van die jaarlikse Hope Hike.

[caption id="attachment_142142" align="alignnone" width="600"]Prof. Lizette Rabe, organiseerder van die jaarlikse Hope Hike. Foto: Verskaf Prof. Lizette Rabe, organiseerder van die jaarlikse Hope Hike. Foto: Verskaf[/caption]

“Dis ’n siekte; nie ’n swakheid nie. Net omdat dit bokant die nek is, moet ons nie anders oor psigiese siektes dink en doen nie. En in hierdie maand kan elkeen van ons ’n verskil maak deur die stilte en die stigma rondom depressie en ander psigiese siektes te verbreek.“

Vir nog inligting oor die iThemba-stigting of om jou eie blou strikkie te kry om bewusmaking te bevorder, gaan na ithembafoundation.