Wees gewaarsku: Dit is deel van ’n nuwe slenter wat in die vrye omgang as die Wangiri-slenter bekend staan.

Die slenter teiken alle selfoongebruikers, ongeag watter diensverskaffer jy gebruik en of jy ’n selfoonkontrak het of lugtyd na behoefte aankoop. 

As jy nog nie so ’n oproep ontvang het nie, is die kans goed dat jy wel binnekort een sal kry.

Wat om te doen?

As jy ’n oproep van die nommer misgeloop het, moet jy onder geen omstandighede terugbel nie. Dit behoort jou te beskerm teen die slenter.

Volgens Namola maak die skarminkels hul geld deur jou sover te kry om hulle terug te bel. Wanneer jy terugbel, is die kans goed dat jy letterlik aan 'n lyntjie gehou gaan word met opnames of musiek wat in jou oor gaan speel.

Maar helaas, 'n lewende mens se stem gaan jy nie hoor nie . . .

Jy word boonop verantwoordelik gehou vir die verbindingsfooi - en buitelandse oproepe is van nature ’n duur besigheid.

Gelukkig is die nommers wat jy op jou selfoon gestoor het, in hierdie stadium nie kwesbaar nie. Basies span die Wangiri-spulletjie ’n geoutomatiseerde stelsel wat enige denkbare selfoonkombinasie uitprobeer.

En as die hoek wyd genoeg gegooi word, sal daar 'n paar slagoffers wees wat daaraan gaan byt.

Wat is Wangiri-bedrog?

Dit het na bewering in Japan begin. ’n Lukrake nommer word geskakel - dalk joune - en die oproep word na een lui neergesit.

Só laat die bedrieërs die indruk dat jy ’n oproep gemis het. Omdat die nommer met ’n 022 begin, lyk dit aanvanklik na ’n plaaslike nommer. Tot waar jy terugbel en die woord Guinea sien opduik.


Morné du Plessis, die operasionele bestuurder vir bedrog by MTN, het gesê die nommer wat gebruik word om te bel, word gemiddeld elke 20 minute verander.

Vodafone-veiligheidswenke

  • Maak seker jy het ’n stewige wagwoord vir jou slimfoon, rekenaar en tablet.
  • Skep ’n persoonlike identiteitsnommer (PIN) vir jou stempos sodat net jy toegang daartoe kan hê.
  • Maak seker jou Facebook-sekuriteitsvoorkeure is op datum en waak teen die tipe persoonlike inligting wat jy op jou Facebook-blad deel.
  • Moet nooit jou persoonlike besonderhede aan enigiemand verskaf nie. Doen dit slegs wanneer jy 110 persent seker is die persoon het wel jou persoonike inligting nodig.

Bronne: rsg.co.za, namola.com