Sanparke het inwoners van Matsulu, langs die N4 sowat 41 km oos van Mbombela, gemaan om uiters versigtig te wees nadat die viertal in hul omgewing gewaar is.

William Mabasa, Sanparke-woordvoerder, het inwoners ernstig gewaarsku om nie self iets te probeer sou hulle die leeus gewaar nie.

“Ons praat van gevaarlike diere,” het hy beklemtoon.

Bel dadelik 0800-10111 as jy enige van die gevaarlike drosters gewaar.

Ekstra bronne: sanews.gov.za, ecr.co.za