Sy sal nooit die dag vergeet toe ’n tydskrif vaswaai teen hul weeshuis se hek in die oorloggeteisterde Sierra Leone nie.

Op die voorblad was ’n foto van ’n ballerina wat op die punt van haar tone dans.

Sy het so gelukkig gelyk, en die kleuter het daarvan begin droom om ook soos die voorbladmeisie te wees.

Maar sy’t ook geweet: Dis ’n byna onmoontlike droom vir iemand soos sy.

Sy was immers bekend as die “duiwelskind”, oor die wit vlekkies op haar bors en nek, die gevolg van die veltoestand vitiligo.

Niemand sou haar wou aanneem nie…

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.