Volgens Netwerk24 gaan die maksimumtemperature vir Gauteng sal tussen 13°C en 16°C wissel en in die oggend sal dit nie warmer as 8°C wees nie. Verder word swaar reënneerslae van Vrydagaand tot Saterdagoggend in die Wes-Kaap verwag. Henning Grobler, weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het aan Netwerk24 gesê ’n sterk ontwikkelde kouefront word deur die weerkantoor dopgehou met die oog op moontlike waarskuwings teen swaar reën of vloede. Daar word vir die middestad van Kaapstad, Kirstenbosch, Atlantis, Malmesbury, die Paarl, Stellenbosch en Hermanus ’n 80%-kans op reën voorspel.
Die front gaan vinnig uit die weste oor Kaapstad beweeg, ’n draai oor die Paarl, Stellenbosch en Worcester gooi en dan verder ooswaarts beweeg.

Teen Sondagoggend sal die weer uit die weste begin opklaar. Dit sal na verwagting nie in Johannesburg en Pretoria reën nie.

Ligte sneeuval word Vrydag oor die suidelike Drakensberg en hoëgrondgebiede van die Noord-Kaap en die Oos-Kaap verwag.

Wydverspreide reën en ryp sal Vrydag oor groot dele van die Vrystaat uit sak, met geïsoleerde reënbuie in die Noord-Kaap, sê Sihle Kunene, weervoorspeller in die Bloemfonteinse weerkantoor.

Vir Bloemfontein word daar Vrydag temperature tussen -2°C en 9°C voorspel en in Kimberley tussen -2°C en 12°C.

LEES MEER HIER

Ook op Netwerk24:

Eet slange, sê 'profeet'

Bloem lyk soos aksiefliek toe polisie toeslaan