Maar dit beteken nie die koue weer gaan wyk nie. Inteendeel, daar is reeds weer ’n kouefront op koers na die Wes-Kaap. Daarmee saam word ligte reënbuie oor die suidwestelike dele van Suid-Afrika verwag.


As jy na warmer weer op soek is, is dit tyd om noorde toe te gaan. Phalaborwa gaan een van die warmste plekke in die land wees met ’n verwagte 26 °C.


Die Noorweegse weer-webtuiste voorspel die volgende temperature (°C) vir Donderdag/ Vrydag.

  • Kaapstad 15 / 14
  • Durban 20 / 20
  • Johannesburg 16 / 17
  • Pretoria 22 / 21
  • Bloemfontein 19 / 19
  • Kroonstad 17 / 18
  • Phalaborwa 26 / 22
  • Nelspruit 26 / 19
  • Kimberley 17 / 18
  • Upington 17 / 19
  • Klerksdorp  19 /19
  • Rustenburg 22 / 20
  • Grahamstad 16 / 16
  • Port Elizabeth 17 / 16
  • Worcester 15 / 16
  • George 14 / 14

    Maar dit maak glad nie saak waar jy jouself vandag bevind nie. Of dit nou sonskyn, reën of koue is, daar is altyd iets wat die dag nog verder gaan opkikker.


Hier is ’n spesiale Liedjie-speellys om jou van alle kommer, sorge en die bibberende koue te laat vergeet.