Gill Nadeau en Adam Kimball was op die punt om hul lewe as getroude paartjie te begin toe die noodlot in die vorm van weerlig byna hul mooiste dag in ’n tragedie laat ontaard het.

“Die oomblik toe ek my nuwe skoonseun met: ‘Jy’s ’n gelukkige ou,’ verwelkom . . . Kaboem! het JP Nadeau aan die Kanadese uitsaaidiens (CBC) vertel.

Die bruid het gesien hoe weerlig die grond naby haar pa tref. JP het in daardie stadium die mikrofoon in sy hand gehad en dit het die weerlig tot in die klankstelsel gelei - en sy hand was die eindpunt van die elektriese stroom.
 
“Dit was ongelooflik. Dit was asof ek ’n weerligstraal in my hand vasgehou het.”

 

Maar vanwaar die “ongelukkige gelukkige”-stempel? Hy moes in 2015 deur die Britse koninklike lugmag van ’n brandende passasiersboot gered word toe dit naby die Falkland-eilande aan die brand slaan.
 
“Ek het talle noue ontkomings gehad, maar die dood bly my ignoreer.”

Bronne: Facebook, cbc.ca, bbc.com