VIER jong mense se kuiertjie langs die viswaters het in ’n nagmerrie ontaard toe weerlig hulle tref en een van hulle dood is berig Volksblad.

Phillip “Flippie” van Zyl (20), ’n leerling-motorwerktuigkundige, is dood nadat die tent waarin hy en van sy vriende van die reën in die Tom’s Place-oord by die Tierpoortdam geskuil het, Saterdagaand deur weerlig getref is.

Die ander wat saam met hom gaan visvang het, is sy neef Jaques le Roux (21), Carike Visagie (19) en Reuben van Wyk (25), almal van Bloemfontein.

Lees meer hier.