Die Britse koninklike (53) en die hertogin van York (53) is 17 jaar gelede geskei, maar is nog op goeie voet. Boonop lag hulle bespiegeling af dat hulle hul romanse gaan hervat.

’n Bron het aan Hello! gesê hulle sal nie weer trou nie, maar bygevoeg: “Hulle het kinders saam en is beste vriende; hulle probeer die beste voorbeeld vir die dogters stel.”

Sarah, Andrew en hul dogters, prinsesse Beatrice (25) en Eugenie (23), is dikwels saam en gaan selfs saam met vakansie. Sarah en Andrew woon ook nog albei sedert hul egskeiding op die terrein van die Royal Lodge.

Dis moontlik dat Sarah se befaamde ysige verhouding met haar skoonma, koningin Elizabeth, besig is om te verbeter, aangesien sy vroeër vandeesmaand saam met Andrew en hul dogters genooi is na Balmoral, die koninklike landgoed in Skotland. Dis waarskynlik haar eerste amptelike uitnodiging van die koningin sedert 1992.

In 2009 het dit gelyk of Andrew hou van die idee om weer met Sarah te trou. Hy het gesê: “Is dit nodig dat ons getroud moet wees? Wel, kom ons stel dit op ’n ander manier, ek kan die moontlikheid bevestig of ontken. Ons het twee wonderlike kinders. Ons maak hulle nog groot.”