Die blitsvinnige Suid-Afrikaner Wayde van Niekerk het Saterdag die geskiedenis herskryf toe hy die eerste alteet word om 100 meter in minder as 10 sekondes, 200 meter in minder as 20 sekondes, en 400 meter in minder as 44 sekondes af te lê.

Dié wêreldkampioen het die besonderse prestasie Saterdagmiddag vermag toe hy tydens ’n geleentheid in Bloemfontein die 100 meter-wedloop in 9.98 sekondes gewen het.

Sy persoonlike rekords vir die 200 meter is 19.94 sekondes en vir die 400 meter is dit 43.47 sekondes.

Wayde gaan later vanjaar Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro in die 400 meter verteenwoordig. Hy het verlede jaar die wêreldtitel in Beijing vir sy blitsvinnige 400 meter-wedren verower.

“Van ek aan atletiek begin deelneem het, het ek gedroom van die dag dat ek die 100 onder 10 sekondes hardloop.

“Dit is ongelooflik om te dink dié droom het nou ’n werklikheid geword,” het die Kovsie-atleet aan Netwerk24 gesê.

Wayde is ook verlede jaar as Suid-Afrika se sportman van die jaar aangewys.

Bronne: Netwerk24; Sport24