Wayde is een van talle Suid-Afrikaanse atlete wat tans goed presteer by die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se Wêreldkampioenskappe.  

Saterdag het Luvo Manyonga en Rushwahl Samaai Suid-Afrika se eerste medaljes ingepalm toe hulle uitgeblink het in die verspring. Luvo het goud geneem en Rushwahl het brons gewen.

Wayde se tyd was vinnger as die 45.28 sekondes waarmee hy sy uitdun-lopie gewen het, maar stadiger as die 43.75 sekondes wat hy in Junie by die Diamantliga in Lausanne afgelê het.

Hy is steeds die wêreld- en Olimpiese rekordhouer (met 43.03 sekondes) in die 400 meter. Baie kenners meen hy gaan binnekort die eerste mens word wat die 400 m in minder as 43 sekondes aflê.

Wayde het wel sy ondersteuners verras toe hy erken het hy is eintlik glad nie ’n aanhanger is van die 400 meter nie en dat hy eerder wil begin fokus op korter afstande.

Bronne: Super Sport, Wikipedia