Die 10 finaliste is uit ’n moontlike 35 mededingers aangewys. Motors wat van Augustus 2015 tot Augustus verlede jaar hul buiging gemaak het, het vir die kompetisie gekwalifiseer. Die Volvo XC90 het in 2016 met die louere weggestap.

Tydens die toekenningsgeleentheid het Bernard Hellberg, voorsitter van Motor van die Jaar en SAGMJ gesê die dat die sportnutsvoertuigsegment ongeveer 30 persent van die totale Suid-Afrikaanse motormark opneem. Vanjaar se wenner sal tydens ’n glansgeleentheid op 15 Maart aangewys word.

Die tien finaliste (in alfabetiese orde)

Audi A4
Honda Civic
Hyundai Tucson
Jaguar F-Pace
Mazda CX-3
Opel Astra
Renault Kadjar [caption id="attachment_157088" align="aligncenter" width="600"]Foto: quickpic.coc.za Foto: quickpic.coc.za[/caption] Toyota Fortuner
Volkswagen Tiguan
Volkswagen Passat [caption id="attachment_157089" align="aligncenter" width="600"]Foto: quickpic.co.za Foto: quickpic.co.za[/caption] Hier’s ‘n rondomtalie-kykie na die finaliste.

Bronne: quickpic.co.za, wheels24.co.za, sagmj.org