Apple se jongste aanbieding, die iPhone 7, het beslis ’n paar mense aan die praat. Dit word na verwagting volgende maand bekendgestel. 

[caption id="attachment_134270" align="alignnone" width="600"]Apple se jongste aanbieding, die iPhone 7, het beslis ’n paar mense aan die praat. Apple se jongste aanbieding, die iPhone 7, het beslis ’n paar mense aan die praat. Foto: Twitter[/caption]

Die nuutste toestel het blykbaar nie ’n oorfoonsok nie. Gebruikers moet dus noodgedwonge Bluetooth-oorfone gebruik of ’n nuwe stel oorfone met ’n iOS Lightning-verbinding koop wat die oorfoonarea gebruik vir ’n tweede stel luidsprekers.

Ander kenmerke sluit in ’n groter battery en waterdigtheid. Nog ’n indrukwekkende eienskap is die praatjies oor opvolgweergawes van die iPhone, met verbeterde herlaaitye wat koordlose herlaaiing en nog bergplek insluit. Volgens ’n aantal video’s wat op onder meer die Chinese sosialemedianetwerk weibo.com en die Franse webtuiste nowhereelse.fr uitgelek het, kan Apple-ondersteuners uitsien na ’n 4.7-duim-iPhone 7 en ’n 5.5-duim-iPhone 7 Plus of Pro, dieselfde groottes wat in 2014 met die iPhone 6 bekendgestel is.

Die toestel behou sy dun aluminiumprofiel, maar die antenna gaan langs die kante af loop en nie meer aan die agterkant nie. Die agterste kamera is ook blykbaar baie groter as die res s’n, maar tot dusver is nog niks gesê oor die beskikbare kleuraanbiedinge vir die toestel nie.

Daar is wel gerugte dat ’n pikswart toestel bekend as ’n “ruimteswart” toestel bekendgestel gaan word.

September is gelukkig net om die draai en en die tyd sal ons wel leer wat die waarheid is, terwyl baie mense met gretige afwagting sit en kyk of die nuwe iPhone 7 die jongste nuwigheid in slimfoontegnologie is.

  • Shanaaz Prince

Bronne: www.itweb.com; www.mashable.com; www.forbes.com