Dié wat die boek verslind het, sal onmiddellik weet waarvan ons praat. Vir die wat nie het nie – weet net dis iets oor Anastacia, Christian en ’n tampon.

“Die toneel het nooit deel van die fliek geword nie,” het die regisseur, Sam Taylor-Johnson, aan Variety gesê. “Ons het dit nooit eers bespreek nie.”

Volgens die vervaardiger, Michael De Luca, sou die toneel net nie in die rolprentweergawe kon werk nie. “Die boek moet jou in Ana se skoene plaas om ’n suksesvolle ervaring te wees.

“Baie daarvan moes dus baie letterlik wees. Die fliek het nie nodig om dit te doen nie. Die twee mediums is wyd uiteenlopend.”

Die fliek begin op 13 Februarie in teaters draai.

Bronne: variety.com, people.com