By vanjaar se Silwerskermrolprentfees, die sesde keer dat dit aangebied word, kon Jan Alleman weer skouers skuur met bekendes by die gesogte Bay Hotel in Kampsbaai.

Die room van die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf was daar om die meer as ’n dosyn speelfilms te kyk waarvan vyf dit eindelik uitgespook het om die titel as beste film. Die genomineerdes in dié kategorie was Noem My Skollie, Dis Koue Kos, Skat, Tess, Sy Klink Soos Lente en Johnny is nie Dood nie.

Wie is almal vandag by #silwerskermfees2016? #flieks #fees #son #see @kyknettv

A photo posted by Huisgenoot.com (@huisgenootkiekies) on

Daarmee saam het vyftien splinternuwe kortfilms ook meegeding om die prys as beste kortfilm by vanjaar se Silwerskermfees.

A photo posted by Ivan Botha (@ivanbotha17) on

Die bekende teaterregisseur Christiaan Olwagen se rolprentdebuut, Johnny is nie dood nie, het omtrent skoonskip gemaak en met agt pryse weggestap. Die kortfilms Vlees van my Vlees en Hum het albei uitstekend gevaar. Christia Visser het haar tweede Silwerskermprys ontvang, hierdie keer vir haar spel in die menslike drama Tess oor die lewe van ’n prostituut.

Tess aka @christia_v at #silwerskermfees2016 awarded #bestactress ? #tessfilm

A photo posted by Tess - the film (@tessfilm) on

Die spoggerige Silwerskerm-toekenningsaand het Saterdag, 27 Augustus, plaasgevind. Hier is vanjaar se volledige lys wenners:

KORTFILMS

Beste kortfilm: Vlees van my Vlees

Beste regisseur: Matthys Boshoff – Vlees van my Vlees

Beste akteur: Carel Nel – Hum

Beste aktrise: Erica Wessels – Vlees van my Vlees

Beste draaiboek: Willem Grobler – Hum

Beste redigering: Leon Visser – Hum

Spesiale toekenning (kinematografie): Hum

SPEELFILMS

Beste speelfilm: Johnny is nie dood nie

Beste regisseur: Christiaan Olwagen – Johnny is nie dood nie

Beste akteur: Albert Pretorius – Johnny is nie dood nie

Beste aktrise: Christia Visser – Tess

Beste manlike byspeler: Ludwig Binge – Johnny is nie dood nie

Beste vroulike byspeler: Illana Cilliers – Johnny is nie dood nie

Beste draaiboek: Christiaan Olwagen – Johnny is nie dood nie

Beste oorspronklike musiek: Charl-Johan Lingenvelder – Johnny is nie dood nie

Beste kinematograaf: Bert Haitsma – Tess Beste redigering: Linda Man – Tess Beste produksie-ontwerp: Birrie Le-Roux – Johnny is nie dood nie Beste dokumentêr: Nobody's died laughing

Die Saterdag wat was. #Silwerskermfees2016

A photo posted by Charlea Sieberhagen (@charleasieberhagen) on