Het jy al daarvan gedroom om saam met jou gunsteling-glansmens te gaan inkopies doen? Voltooi ons vraelys en vind uit wie jou ideale inkopiemaat sal wees!

Beskryf jou styl

(a)  Klassiek en vroulik.

(b)  Grungy maar meisierig.

(c)  Klassiek en sexy.

(d)  Boheems.

Wat is jou nommereen-modereël?

(a)  Moenie te veel lyf wys nie.

(b)  Daar is geen reëls nie.

(c)  Dit moet moeiteloos en vleiend wees.

(d)  Gemak.

Wat is jou gunsteling-patroon om te dra?

(a)  Blomme.

(b)  Geen patrone; jy verkies neutrale klere.

(c)  Enigiets, solank dit mooi is.

(d)  So kleurryk moontlik.

Jy wil hê jou inkopiemaat moet:

(a)  Luister na jou raad oor alles wat vroulik is.

(b)  Bereid wees om rond te snuffel in winkels wat tweedehandse klere verkoop.

(c)  Die mode nie te ernstig opneem nie.

(d)  Ure lank ’n spul oorgroot bykomstighede uitkies.

Jy trek aan vir:

(a)  Bewonderaars.

(b)  Jouself.

(c)  Sodat jy nie kaal rondloop nie. Duh!

(d)  Die liefde vir die mode.

Wat is jou gunsteling-neiging?

(a)  Klein, kleurryke handsakke.

(b)  Uitgetrapte leerstewels.

(c)  Noupypjeans en kort kanttoppies.

(d)  Lang, vloeiende rokke.

Wat sal jy aantrek as jy ’n romantiese afspraak het?

(a)  ’n Rok en katjiehakskoene.

(b)  Kêreljeans en ’n oorgroot baadjie.

(c)  ’n Noupyplangbroek, meisierige top en hoëhakskoene.

(d)  ’n Lang rok, slaprandhoed en hope juweliersware.

Wie is jou mode-ikoon?

(a) Audrey Hepburn.

(b) Lenny Kravitz.

(c) Gwyneth Paltrow.

(d) Drew Barrymore.

Jy kies jou uitrustings op grond van:

(a)  Wat die stemmigste is.

(b)  Wat jou die beste laat voel.

(c)  Wat gewild is.

(d)  Wat jou die beste pas.

Voltooi die sin: Die mode gaan oor . . .

(a)  Klere wat ’n mens selfversekerd laat voel.

(b)  Kanse waag.

(c)  Goed lyk en voel.

(d)  Dra wat jy wil.

Hoe lyk jou telling?

Meestal A’s: Taylor Swift

As jy graag deftige somerrokke, hoëhakskoene, balletskoene en rooi lipstiffie koop, is die sangeres die beste inkopiemaat vir jou. Jy hou daarvan om soos ’n dame aan te trek en Taylor sal vir jou die mooiste antieksjiek rokke uitsoek.

Meestal B’s: Zoë Kravitz

Jy soek iemand wat nie bang is om modekanse te waag nie en in die skare uitstaan. As ’n kantrok by ou leerstewels en jou broer se baadjie jou idee van koel is, dan sal jy en Zoë dit gate uit geniet in die winkels.

Meestal C’s: Emma Stone

Dink moeiteloos sjiek. Daar is iets sexy maar oulik aan die ster se styl. Sy is altyd byderwets aangetrek, maar koop nie net die nuutste modes nie – sy hou ook van klassieke stukke soos noupypjeans by ’n eenvoudige hemp en plat skoene. Pragtig!

Meestal D’s: Vanessa Hudgens

Boheems was al klaar ’n leidraad! Jy eksperimenteer graag met ongewone style en glo ’n meisie kan nooit te veel bykomstighede hê nie. Jy hou van gemak en volop kleur; daarom sal jy en Vanessa lekker saam in die winkels kuier.

-       Edna Isaacs