Kylie Minogue beplan glo om later vanjaar met haar verloofde, Joshua Sasse, in Melbourne, Australië af te haak.

[caption id="attachment_134118" align="alignnone" width="492"]Kylie en haar akteurskêrel Joshua Sasse trou glo een van die dae. Foto: Cover Kylie en haar akteurskêrel Joshua Sasse trou glo een van die dae. Foto: Cover[/caption]
Die paartjie woon tans in Londen, Engeland, maar Kylie wil glo graag Doer Onder trou. Volgens die Australiese tydskrif New Woman kyk Kylie na die pragtige St. Paul-katedraal in Melbourne as moontlike plek om te trou en het sy glo haar 44-jarige suster, Dannii, gevra om haar strooimeisie te wees.

Een van die vernaamste aspekte van die groot dag is om ’n rok te kies, en die Spinning Around-sangeres het glo die Britse modehuis Ralph & Russo gevra om haar rok te ontwerp. Sy is versot op hul werk en hulle het ook haar sprokiesmooi rok vir haar optrede as deel van koningin Elizabeth II se 90ste verjaardagviering vroeër vanjaar gemaak. Die resultaat was ’n rok wat vir ’n bruid gepas sou wees – ’n wit geborduurde skepping met ’n volromp en met honderde blomme versier. Daar is soveel belangstelling in haar groot dag dat Kylie dit glo oorweeg om dit regstreeks op ’n skerm in die middestad in Melbourne uit te saai. Dis nie die eerste keer dat van trou gepraat word nie. Joshua het in Junie die tonge laat klap dat hulle dalk stilletjies getrou het nadat hy ’n gedig deur William Ernest Henley getiteld To My Wife op Instagram gedeel het.

A photo posted by Joshua Sasse (@joshuasasse) on

Kort daarna is berig die paartjie het tydens hul vakansie op die Griekse eiland Sifnos afgehaak. Maar Joshua het die gerugte op Twitter ontken: “Ek was glo by ’n groot Griekse troue . . . ek wens ek was regtig daar!”

© Cover Media