As die getalle van jou Facebook-vriende afneem, kan dit wees dat jy ontvriend is deur mense wat jy gedink het ná aan jou is.

’n Nuwe app, met die vindingryke naam Who Deleted Me on Facebook sal jou in staat stel om te sien watter persone jou uit hul vriendskapskring gesmyt het.

Die app is vir beskikbaar vir iPhone-, en Android-toestelle of jy kan dit ook op jou rekenaar via Google Chrome installeer. Dit skakel met jou Facebook-rekening en hou jou op die hoogte van die getal van jou vriende.

Aan die bopunt van die toepassing is knoppies genaamd New, Deleted You, You Deleted, Deactivated en Current.

Die toepassing sal jou ongelukkig net kan inlig watter vriende jou geskrap het sedert die toepassing geïnstalleer is – dit kan ongelukkig nie teruggaan na die verlede en jou verlore vriende opspoor nie.

Bronne: The Next Web, News.com.au