Steve Hofmeyr was Donderdag in die hospitaal, vir ’n EKG. Hy het ’n foto van homself, met elektrode-plasings op sy kaal bors, op Facebook gedeel met die boodskap: “Op my ouderdom, terwyl kollegas jonger as ek in die helder daglig neerslaan, moet die tieker maar getoets word.”

Dit blyk niks is fout nie en dat die sanger bloot gegaan het vir ’n roetinetoets.

Steve Hofmeyr hart getoets

Op 12 Julie, by ’n inskrywing waarin Steve onder meer die Tempo-wenners gelukwens, het ’n aanhanger geskryf: “Steve gaan sing tot hy 100 is en daarna gaan ons hom nog hoor met sy CD/DVD. You go Steve, jy is en sal altyd my hero bly xx”, waarop die sanger geantwoord het: “Dankie, dis my plan.”

By navraag het Steve se agent, Christien de Klerk, gesê sy weet nie eens daarvan nie, en dit was waarskynlik net ’n gewone roetine-ondersoek.

Nie Steve of sy vrou, Janine, kon vir kommentaar bereik word nie.