As lid van Myslimkind ontvang jy elke twee maande ’n Slimboks volgepak met ’n verskeidenheid van ouderdomsgepaste en maklik bruikbare opvoedkundige hulpmiddels, speelgoed en produkte, asook ’n volkleurnuusbrief met inligting en raad om jou kind te help om daardie belangrike mylpale in ontwikkeling te haal. Die ouderdomsgroepe is só uiteengesit:

  • 0-1: Gedurende daardie eerste paar opwindende weke sal jou baba daarop fokus om aan die lewe buite die baarmoeder gewoond te raak. Soos jou nuweling ’n bietjie meer tuis begin voel in hul nuwe omgewing, sal hul sintuie verskerp. Hulle sal ook hunker na meer stimulerende ervarings. Myslimkind se Slimboks voorsien ouers van babas van geboorte tot 1 jaar met kundige leiding en uitgesoekte produkte om jou kleintjie aan te moedig om hul sintuie te gebruik. Dit stimuleer jou kind se brein om nuwe konneksies te bou en ’n netwerk van neurale paaie te vestig. Dit sal jou kind help om daardie belangrike mylpale in hul ontwikkeling te bereik.
  • 1-2: Tussen 1 en 2 jaar oud, raak jou klein skattebol aan die beweeg! Met so baie om nog te verken, gaan jou kleuter ’n ongelooflik besige jaar hê. Hy of sy begin wonder ‘wat’, ‘hoe’, ‘hoekom’ , en ‘wat as’. Jy sal vinnig sien hoe hulle begin om self sake uit te pluis – ’n baie belangrike deel van die ontwikkeling van vaardighede vir probleemoplossing en kritiese denke.
  • 2-3: Nou dat jou kind tussen 2 en 3 jaar oud is, sal jy oplet hulle begin hul eie gedagtes en idees oor die voorwerpe en mense wat hulle teëkom vorm. Jou kleinding sal alledaaglikse aktiwiteite in hul verbeeldingspel saam met hul eerste maatjies gebruik. En, teen die einde van hierdie jaar, sal jou kind maklik 6 basiese kleure en vorms bymekaar pas.
  • 3-4: Tussen die ouderdom van 3 tot 4, is dit nuuskierigheid wat jou kleintjie se lewe op hierdie stadium die beste beskryf. Daar is net só baie om te sien en doen, en danksy jou kleuter se ontwikkelende taalvaardighede kan hulle nou al gedagtes en idees in woorde omsit. En sonder twyfel het hulle baie vrae – oor absoluut alles wat hulle sien en hoor! Jou kind se verbeterde luistervaardighede en begrip van gesproke inligting beteken hulle kan nou aandagtig luister en selfs eenvoudige stories oorvertel.
  • 4-5: Teen die tyd dat jou kind 5 jaar oud is, begin hy of sy die vaardighede wat nodig is vir lees en skryf te ontwikkel. Jou japsnoet sal nou begin om hul eie kreatiewe ‘styl’ te ontdek soos hulle afgeronde menslike figure, diere en plante teken, en dalk selfs 'n lyn tussen die lug en grond om die horison aan te dui. As gevolg van die daaglikse uitdagings wat hulle teëkom, sal hul vaardigheid met probleemoplossing en kritiese denke verbeter. Dit beteken egter jy sal gou sien hulle raak meer en meer onafhanklik soos hulle met hul eie oplossings vorendag kom.
  • 5-6: Teen die tyd dat jou liefling 6 jaar oud is, sal hy of sy 'n aktiewe, onafhanklike mensie met unieke idees en opinies wees! Jou kind sal nou alledaagse gesprekke verstaan en die belangrike vaardigheid om krities te dink, begin ontwikkel. Hierdie vermoë om te redeneer sal hulle help om planne te maak en probleme op hul eie op te los. Jou kind sal maklik saamwerk as hy of sy met ander kinders speel, deelneem aan groepsaktiwiteite en help om groepsbesluite te neem. Jou kleinding leer dat geskrewe letters gesproke klanke verteenwoordig, en dat syfers getalle en hoeveelhede kan aandui.

Hoe kry jy jou Slimboks?

Klik hier vir meer inligting oor die Myslimkind Slimboks of sluit by hulle aan by enige van die volgende:

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.