Reinach Tiedt, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, wat verlede week in ’n ernstige motorongeluk was het een van sy nekwerwels in die ongeluk gebreek volgens Beeld.

Hy sal binnekort daarvoor ’n nekoperasie moet ondergaan.

’n Klag van roekelose of nalatige bestuur is teen Tiedt aanhangig gemaak. Volgens Beeld is drankblikkies wat uit sy motor geval het, is op die toneel gevind.

Die bestuurder van die ander motor het gebreekte ribbe, ’n gat in die long en ’n geskeurde lewer opgedoen, herstel glo goed.

LEES MEER HIER

BRON: Beeld.com