Hulle sal eers oor 12 maande weer in aanmerking vir parool kan kom.

Manelisi Wolela, DKD-woordvoerder, het gesê die paroolraad het vanoggend besluit die twee sal eers weer vir parool in aanmerking kom nadat hulle 'n bykomende 12 maande uitgedien het.

“Dit bevestig die zero-toleransie-beleid van die regering en die DKD teenoor swak dissipline onder oortreders binne die tronk, sowel as diegene wat reeds op parool is,” het Wolela gesê.

Hy het gesê die ondersoek oor die rol wat sekere DKD-beamptes glo gespeel het om Becker en Du Preez van alkohol en selfone te verskaf is glo byna afgehandel.

“Die eerbare beroep korrektiewe diens is geen plek vir misdadigers of beamptes met swak dissipline nie. Die DKD sal misdadige optrede in sy geledere uitroei,” het Wolela gesê.?

Becker en Du Preez is weer in hegtenis geneem nadat ‘n video, wat deur Rapport bekom is, gewys het dat hulle ‘n partytjie in ‘n sel gehou het en selfone gebruik het in die in die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria.

Daar is ook onder meer in nuusberigte beweer dat Becker en Du Preez in die vyf en ’n half?jaar agter tralies bederf is met wegneemetes, satelliet-TV, lang sessies in die gimnasium en glo ook drank.

Bronne: Twitter, Beeld.com

In die nuwe Huisgenoot onthul ons ook hoe Becker gesprekke op Skype met meisies gevoer

het terwyl hy agter tralies was.