In haar swart duikpaktop en skibroek lyk sy so rats en gelukkig soos ’n vis in die water.

Nie eens ’n onlangse terugslag in haar uitgerekte stryd teen die skaal kan Leanne du Preez onderkry noudat nog ’n groot droom vir haar waar geword het nie.

“Ek het ’n werk!” vertel sy opgewonde langs die swembad van ’n fiksheidsentrum op Uitenhage.

Hier het sy destyds as deel van haar verslankingsprogram in die water begin oefen en nou is sy pas as ’n instrukteur opgelei.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.