supersad

Min mense het so vinnig ’n oornagsensasie geword soos die Skotse sangeres Susan Boyle. Die vrou met die effens mollige lyf en liefde vir katte het ’n stem soos min.

Susan het wêreldroem verwerf ná haar verrassende oudisie in April 2009 in die Britse talentprogram Britain’s Got Talent. Sy het die beoordelaars, insluitend die knorpot Simon Cowell, oorrompel. Sedertdien het Susan se musiekloopbaan van krag tot krag gegaan.

Op 19 September tree Susan by SuperSkouspel op. Dit sal die eerste keer wees dat sy in Afrika optree.

Maar wat weet jy van haar lewe? Ons het so ’n paar interessante feite oor die 54-jarige sangeres versamel.

  • Voor haar verskyning in Britain’s Got Talent het Susan nog nooit iemand gesoen nie. Sy het verlede jaar haar eerste kêrel gekry, maar is baie geheimsinnig oor hom.
  • Sy het in 1995 vir die eerste keer aan ’n sangkompetisie op televisie deelgeneem. Daardie ervaring was aaklig, want die beoordelaars het haar summier afgeskiet.
  • Haar ma het haar jare lank aangespoor om ’n oudisie vir Britain’s Got Talent af te lê, maar sy was te skaam ná haar vorige nare ervaring. Sy het eers ná haar ma se dood in 2007 die moed bymekaargeskraap om te gaan.
  • In 1999 het sy al haar spaargeld bestee om ’n demo-CD te laat opneem wat sy aan radiostasies en agente gestuur het. Niks het daarvan gekom nie.
  • Sy is baie lief vir katte. Voor haar roem het sy na haar tienjarige kat, Pebbles, omgesien. Met haar besige program moes sy Pebbles ’n nuwe tuiste gee, want sy het gevoel sy skeep hom af.
  • Tydens haar geboorte het sy ’n suurstoftekort gehad. Sy meen dit het bygedra tot haar vreemde voorkoms. As gevolg van die suurstoftekort het sy ook op skool leerprobleme ervaar.
  • Asperger se steuring is onlangs by haar gediagnoseer.
  • In 2009 het sy nog in presies dieselfde huis gewoon waarin sy saam haar sewe boeties en sussies grootgeword het. Trouens, sy het nog in dieselfde kamer geslaap.
  • Haar eerste album, I Dreamed a Dream, genoem na die lied wat sy in haar bekende oudisie gesing het, het in die eerste ses weke nadat dit uitgereik is, meer as ’n miljoen kopieë verkoop.
  • Sy het intussen nog vyf albums uitgereik, waaronder Hope wat verlede jaar verskyn het.
  • Vroeër vanjaar het sy die nr. 1-posisie op People With Money se lys van top-sangers gehaal met ’n verdienste van ongeveer R1,1 biljoen.
  • In die ses jaar sedert haar Britain’s Got Talent-oudisie het Susan ongeveer R3,3 biljoen laat inrol.

Dis alles genoeg rede om haar eerste vertoning in Suid-Afrika op 19 September te gaan bywoon.

Bespreek vir SuperSkouspel by online.computicket.com, bel 0861-915-8000 of besoek jou naaste Computicket.

Bronne: Express; Wikipedia; Mediamass; Metro; Mirror

DIGITAL BANNER_HG_600x450 (0-00-00-00)