Hou jy daarvan sterk, soet of melkerig? Eksperimenteer jy met verskillende make of bestel jy altyd dieselfde koppie koffie?

Jou koffie-voorkeur kan verklap watter soort mens jy is. Kom ons kyk of jy die siel van die partytjie, of ’n bietjie aan die vaal kant, is.

cup of coffee

1.    Cappuccino

Jy het ’n groot hart, maar is nie altyd bewus van wat om jou aangaan nie. Dis seker waarom een van jou baie vriende jou gereeld van jou skuimsnor moet vertel.

2.    Latte

Jy dink oor alles na, maar is besluiteloos. Met ’n latte is jy aan die veilige kant.

3.    Espresso

Jy is vriendelik en aanpasbaar. Jy hou werklik van die smaak van koffie. Mense dink jy is slim en suksesvol, of irriterend. Of albei.

4.    Dubbele espresso

Jy is prakties en werk hard. Enkelsterkte doen dit net nie vir jou nie.

5.    Driedubbele espresso

Jy is oorentoesiasties en ’n bietjie obsessioneel. Jy is al wakker sedert die vroeë 90’s.

6.    Mokka

Jy is kreatief. Jy hou nie van die smaak van koffie nie, maar soos alle ander koffiedrinkers wil jy ’n skop kafeïen hê. Jy improviseer omdat jy kreatief is.

7.    Macchiato

Jy is konserwatief en terughoudend. Jy het nie tyd vir die lagie skuim nie. Sommige mense dink jy is verwaand.

8.    Americano

Jy is rustig en konsensieus. Jy hou van die lewe se eenvoudige vreugdes; daarom kies jy ’n eenvoudige espresso en water.

9.    Frappuccino

Jy is gelukkig en energiek. Jy sê dalk jy hou van koffie, maar dit gaan eintlik oor jou liefde vir roomys.

10. Yskoffie

Jy laat jou geld en is uitgesproke. Jy laat nie toe dat seisoene jou lewe regeer nie; dus sal jy in die hartjie van die winter yskoffie drink.

11. Wegneemkoffie

Jy mors nie tyd nie. Jy is ernstig en toegespits. Jy raak nie op hol nie; jy laat waai.

Deur Faiza Mallick

Bronne:

news.com.au, theluxuryspot.com com.au, theluxuryspot.com   Fotos: Flickr:  snailamanda28192