Gerrie Nel het Oscar Pistorius se sielkundige ondervra oor ’n mediaberig dat Oscar nie lank ná Reeva se dood ’n nuwe meisie het

oscar-3

“Ek dink dit is baie vreemd dat hy hierdie vraag ontduik,” het Gerrie aan ’n getuie, die sielkundige Lore Hartzenberg, gesê tydens Oscar se vonnisverrigtinge in die hooggeregshof in Pretoria gesê.

Gerrie het Lore ondervra oor ’n mediaberig dat Oscar nie lank ná Reeva se dood ’n nuwe meisie het.

“Sou dit nie sy emosies geaffekteer het as hy iemand ontmoet het nie? Ek soek asseblief jou mening,” het Gerrie gevra.

“Ons het dit nooit bespreek nie. Ons weet nie wat die verhouding behels het nie,” het sy geantwoord.

Lore het gesê sy het Oscar nie oor die saak gevra nie omdat sy net hanteer het “waaroor hy wou praat”.

“Hy het nie tydens die terapiesessies daaroor gepraat nie,” het sy bygevoeg.

Barry Roux, vir Oscar, het beswaar aangeteken teen Gerrie se verwysing na die mediaberig oor die nuwe meisie.

“Die staat moet bewyse bring. Dit is in ’n koerant berig.”

Gerrie het sy vraag herfraseer.

“As ’n sielkundige, sou die feit dat hy ’n nuwe meisie het vir jou belangrik wees?”

Sy het nagedink en gesê: “Ek het hom nie gevra nie.”

- Sapa