America Ferrera dink dit is “wonderlik” dat  aanhangers op ‘n Ugly Betty-fliek aandring.

Die aktrise, wat mode-assistent Betty Suarez in dié gewilde TV-reeks gespeel het, sê daar is nog geen planne op hierdie stadium om ‘n fliek te maak nie.

“Dit is wonderlik dat aanhangers ‘n fliek wil hê. Daar is egter nog nie planne vir ‘n fliek nie, maar daar is altyd ‘n moontlikheid,” het Ferrera op die Britse oggendprogram, This Morning, gesê.

Vir eers vertolk Ferrera die rol van Roxie Hart in die West End-verhoogproduksie van Chicago.

Volgens haar was dié rol ‘n droom wat uiteindelik waar geword het.

Volg Huisgenoot op Twitter.

-BANGShowbiz